Die storie agter "Die Helper"

Om die skildery te wen moet jy 'n storie skryf oor wat jy dink die storie agter die skildery kan wees.

Kompetisie sluit 4 Mei 2018

Sien ander inskrywings

Wat is die storie agter die skildery "Die Helper"?

Pretoria FM Kompetisie Inskrywings

itixbeyudiqa

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Online Prednisone 20 Mg http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

itixbeyudiqa

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Online Prednisone 20 Mg http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

eholuzoo

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Buy Prednisone http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

xixifulea

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Online Buy Prednisone http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

xixifulea

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Online Buy Prednisone http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

hahujajaji

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Prednisone Online http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

ezofaiy

Antwoord:
http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/ - Prednisone Prednisone 20mg http://theprettyguineapig.com/prednisone-20-mg/

HootieScurf

Antwoord:
I like rock bands! I really do! And my favourite hardcore band is Hootie and The Blowfish! All band members has reunited to give more than 50 concerts for their fans in 2019! To know more about Hootie&Blowfish in 2019 visit website Hootie and the Blowfish tour Hershey. You won't miss any performance in 2019 if you click on the link!

DLkBut

Antwoord:
Missing dll from a personal computer? Error on loading a program? Website founddll.com can fix it! Download not working dll from http://founddll.com/libvlc-dll/ page. Fix the error now!

Keltage

Antwoord:
Buy Prevacid Odt 125mg Viagra Sin Receta En Farmacias Chile cialis 5 mg le prix Amoxicillin For Dental Purchase Doxycycl Hyc 50 Mg cheap 80 mg vardenafil hcl Discount Fluoxetine Price Shop Propecia Scalp Fitch Levaquin 500mg Cephalexin 500mg online pharmacy buy accutane in canada Viagra Orders Overnight Delivery Buy Fluoxetine Uk Cialis Generika Gut cialis 5 mg For Sale Secure Ordering Dutasteride Drugs Internet Amoxicillin Suspension Prednisone India Pharmacy Tadalis Sx Soft Drug viagra Lasix Drug Interaction Clobetasol Where To Purchase Next Day Delivery Propecia 180 Day Clobetasol Can I Purchase Website Shop Newark Levitra Lowest Price vente de viagra pas cher en caen Cephalexin Result

Keltage

Antwoord:
Buy Prevacid Odt 125mg Viagra Sin Receta En Farmacias Chile cialis 5 mg le prix Amoxicillin For Dental Purchase Doxycycl Hyc 50 Mg cheap 80 mg vardenafil hcl Discount Fluoxetine Price Shop Propecia Scalp Fitch Levaquin 500mg Cephalexin 500mg online pharmacy buy accutane in canada Viagra Orders Overnight Delivery Buy Fluoxetine Uk Cialis Generika Gut cialis 5 mg For Sale Secure Ordering Dutasteride Drugs Internet Amoxicillin Suspension Prednisone India Pharmacy Tadalis Sx Soft Drug viagra Lasix Drug Interaction Clobetasol Where To Purchase Next Day Delivery Propecia 180 Day Clobetasol Can I Purchase Website Shop Newark Levitra Lowest Price vente de viagra pas cher en caen Cephalexin Result

Shownar

Antwoord:
In year 2019 there are lot of Shows coming out. Obviously, there are Avengers part 2, new Star Wars Episode IX and many others. These are films that every kid wants to see, but sometimes you can miss it.That's where applications come in handy you can watch a movies for free. Btw, looking for the best app to watch free movies on your iOS phone? Then your should check Showbox APK. This is the most famous application today that has a big library of tv shows and films. This app is also available for iOS tablet users. But your need to download it first to enjoy free shows http://showbox-all.com/download-showbox-for-ios/

Shownar

Antwoord:
In year 2019 there are lot of Shows coming out. Obviously, there are Avengers part 2, new Star Wars Episode IX and many others. These are films that every kid wants to see, but sometimes you can miss it.That's where applications come in handy you can watch a movies for free. Btw, looking for the best app to watch free movies on your iOS phone? Then your should check Showbox APK. This is the most famous application today that has a big library of tv shows and films. This app is also available for iOS tablet users. But your need to download it first to enjoy free shows http://showbox-all.com/download-showbox-for-ios/

Keltage

Antwoord:
Hair Loss Treatment Propecia viagra online Cialis Generico 5mg Viagra Canada 50 Mg Pharmacy Buy Diflucan For Yeast Infection viagra Difference Between Amoxicillin And Augmentin

EllEstifS

Antwoord:
Cialis Moins Chere viagra Propecia Need Prescription Side Effects Generic Propecia Tablets Viagra 48 Ore buy cialis Propecia Dosage Hair Loss Proscar Finasteride Antidepressant Drug Philippines Buying Cialis Tadalafil Kamagra Dosage Instructions buy alli diet pills online Buy Kamagra Online In Uk Propecia Worked For Me Thinning Hair Zithromax Penicillin Allergy

Suzette Strydom

Antwoord:
Die smokkelaars

1
Eindeloos strek die kuslyn voor haar uit, sy sien hoe ‘n kind ‘n vlieër vlieg en beur teen die wind se krag. Hoe seemeeue duik tussen die branders, waar die goud weerkaats op die blou-groen oppervlak van die see. Rochelle sit soms ure lank hier op die rots, sy voel hoe die son al die koue gange in haar denke verwarm. Skielik kom daar geheimsinnige skrikwekkende wit borrels op in die water, ‘n goed geboude man lig homself uit teen ‘n rots skrik homself boeglam toe hy die vrou hier voor hom sien. “Goeiedag dame”, groet hy ewe beleefd. Vir ‘n oomblik kry sy die gedagte dat die man skuldig lyk oor iets. “Dag meneer, groet sy vriendelik terug”. Hy hou ‘n groot sak vas, moeilik om te bepaal wat daarin is want dit is toegeknoop. Dan die volgende oomblik blink ‘n skerp mes se lem hier voor haar gesig, sy wil skree weghardloop maar soos blits gryp hy haar aan die arm en spring terug in die see met haar. Sy snak na haar asem vir die koue water teen haar lyf, “Help! Skree sy maar die gedruis van die branders is te hard iemand kan hoor, met skok besef Rochelle dat die man besig is om haar te verdrink.

Dit is hoogwater en die see is ietwat ontstuimig, sy voel angstig en benoud en sy veg om haar kop bo die water te hou. Dan ‘n harde hou teen haar kop en duisternis omsingel haar, hardhandig word sy in ‘n klein bootjie ingetrek en voel hoe iets haar met mening wegstoot die diepsee in. Wit skuimvlokkies spat oor haar toe ‘n brander oor haar breek, ‘Help my! Skree sy weer maar dis net sy op die see alleen. Gedryf deur die wind, al dieper en dieper die see in. Die volgende oomblik gaan haar wekker af en sy spring verward uit die bed nog lomerig van die slaap, sy kon nie glo dit was ‘n droom dit het so werklik gevoel. Die hele dag was Rochelle nie haarself, die droom beteken iets en sy moet uitvind wat. Na werk gaan draf sy weer ‘n ent op die strand net om haar kop skoon te kry van die nagmerrie. Sy kan nie help om na die rotse te kyk waar sy altyd gaan sit nie, ‘n koue rulling gly teen haar rug af toe sy ‘n man daar gewaar met ‘n sak in sy hand net soos in haar droom.

Sy sien hoe hy terugduik in die see, en later met ‘n klein bootjie tussen die bruisende branders verdwyn. Rochelle het talle kere die man daar gewaar, dit was ‘n gereelde verskynsel en elke keer op dieselfde tyd, vandag weer maar daar was nog ‘n man by. Duidelik is hulle besig met iets onwettigs, die manier hoe hulle beweeg vinning en rats heeltyd rondkyk laat haar dink dat dit ‘n skelmstreek is. Waarom elke keer weer verdwyn met ‘n bootjie?. Hulle is beslis besig met iets onwettigs, maar hoe gaan sy uitvind wat hier aangaan sonder hulle wete. Sy sal baie versigtig te werk moet gaan, sy wil nie uitgevang word en in die verkeerde hande beland. Daardie aand gaan sy en ‘n vriendin van haar uiteet by hulle gunsteling restaurant om Rochelle se verjaarsdag te vier. “ Geluk vriendin op jou 30ste verjaardag”, hulle skink elkeen vir hulle ‘n glasie sjampanje en geniet ‘n gesellige aand verder. Teen middernag ry hulle terug na die woonstel en oppad word hulle gestop deur twee mans wat langs die pad staan. “ Rochelle herken die een se gesig dis dieselfde gesig van die man in haar droom “Moenie stop! ry net aan skree Rochelle vir Karin. “Wat gaan aan?” Vra sy ietwat verbaas ken jy die mans. “Nee, maar ek dink ek weet waarmee hulle besig is”. Sy vertel haar kortliks die droom en wat sy gesien het op die rotse, ek het nie ‘n goeie gevoel oor die gebeure nie. “Dink jy ons moet polisie

2
toe gaan, sodat hulle ondersoek kan gaan instel”. Hulle ry na die naaste polisiekantoor en rapporteur die saak. “Watter tyd sien jy hulle gewoonlik daar juffrou?”vra die konstabel aan diens. ‘Gewoonlik so na ses, soms is dit net een man en dan ander kere is hulle twee”. “Dankie juffrou ons sal gaan kyk wat daar aangaan “. Rochelle vra die konstabel om haar naam annoniem te hou, sy wil nie betrokke raak nie. Daardie middag gaan draf sy weer dieselfde tyd, en gaan sit iewers op ‘n duin en wag. Net so na vyf uur sien sy weer die man op die rotse staan, sy wonder waar is die polisie. Na so vyftien minute sien sy twee ander mans van die ander kant van die rotse en vermoed dis die polisie. Die een man lyk of hy wil terugduik in die see maar die polisieman gryp sy arm vas. Altwee mans word gevang en geboei.

‘n Week later sien Rochelle ‘n artikel in die plaaslike koerant, sy kan nie glo wat sy lees nie. Die smokkelaars wat gevang is is die eienaars van die restaurant waar hulle gewoonlik gaan uiteet. Hulle het elke dag krewe en krappe uitgeduik, en oor hulle daaglikse limiet gegaan. Van die krewe en krappe is verkoop aan kleinhandelaars op plaaslike dorpe. ‘n Groot sindikaat is oopgevlek rondom die gebeure. Drome is dikwels ‘n voorbode van iets wat gaan gebeur of ‘n waarskuwing, in die geval van Rochelle het dit haar gehelp om haar nie aan gevaar bloot te stel maar ook om die polisie te help om twee rowers vas te trek. Sy het ook ontdek dat sy ‘n besonderse talent het, soos haar ouma wat drome kon uitlê en voortekens kon verklaar.

Geskryf deur Suzette Strydom

Altha van den Bosch.(9)jaar oud.

Antwoord:
Die helper.

Daar was eendag 'n hawelose meisie met die naam Perpetua. Sy het besluit om die karnaval by te woon. Net toe sy daar kom, sien sy 'n akkedissie op die pad le. Sy besluit om hom net daar te los want sy maat kom dalk terug. Toe sy weer terugkom sien sy die akkedissie wat steeds daar le, en besef dat die kleurvolle optog binnekort oor hom gaan beweeg.

Sy beur vorentoe en gryp die akkedissie net betyds. Sy het die akkedissie mooi probeer versorg, sy naam was Hennie. Na 'n week het sy besef sy moet vir Hennie na 'n rehabilitasiesentrum toe neem. Maar hulle se sy mag vir Hennie hou , en sy mag ook by hul werk. Sy het mooi na Hennie en die ander reptiele gekyk.

'n Jaar later het Perpetua en die bestuurder van mekaar begin hou, en hulle is getroud. Sy naam was Nico, hy was 'n wonderlike man.

Nico het mooi na Perpetua, Hennie en hulle twee kindertjies Piet en Elizabeth gekyk.

My sewejarige boetie se dat ek nie moet vergeet om te se dat hulle lank en gelukkig saam gelewe het nie.

Altha van den Bosch (9)jaar oud. (onseker hoe om die kappies op die e's te sit)

marie van der merwe

Antwoord:
Die Helper

Al wat hy nog ooit in die lewe wou he, was n helper. Iemand wat hom maar net bietjie kon bystaan met die alledaagse dingetjies soos om van punt a tot by punt b te kom. Iemand met n sagte hart wat hom nie sou veroordeel nie, nie sou vrae vra nie, net beskikbaar sou wees om die lewe mee te deel. Deur al sy reise heen was hy altyd op die uitkyk vir n vrou met warmte. n Vrou waaraan hy kon kleef vir ewig.

Een somersaand, op n stoep, sien hy skielik die jong meisie met die wakker oe en blomme in haar hare. Sy was ideaal. Sy was anders as al die res en sy het haar nie gesteur aan wat die wereld van haar dink nie. "Dis die een" dink hy opgewonde! Hy kan sommer haar hitte op n afstand voel en beweeg op instink nader. Sy was dadelik vriendelik en hulle het land en sand gesels oor vreemde plekke en nuwe idees. Van daardie aand af was hulle beste vriende. Hulle het alles saam gedoen want hy het gesukkel op sy eie en sy wou nie eensaam wees nie. Hy het aan haar geklou en sy het hom geduldig teen die wereld beskerm.

Later het hy swaar geword en sy het verlang na bietjie tyd op haar eie. Sy was nou meer eensaam as ooit want hy het heeltemaal opgehou om met haar te gesels. Sy het hom soms probeer neersit maar hy het vergeet hoe om op sy eie voete te loop. Soos die tyd aan gegaan het, het hy minder begin beweeg, swaarder geword en kon hy niks op sy eie doen nie. Elke keer as sy hom met moeite van haar afskeur sodat sy kon asem kry, het hy opgekrul en begin doodgaan. Hy moes medisyne drink om hom op hierdie tye aan die lewe te hou. Soos wat haar lewe gegroei het en haar verantwoordelikhede meer geword het, het hy meer en meer medisyne gedrink tot hy later glad nie meer sonder dit kon oorleef nie.

Nou was haar warm bloed vir hom nutteloos, hy het sy hitte by medisyne gekry. Dit was nie meer nodig dat sy hom moes help met dinge in die lewe nie want hy het niks meer gedoen nie, nerens heen gegaan nie en met niemand gepraat nie. Hy was kwaad vir die wereld, vir die mense, vir God wat hom die lyf van n reptiel gegee het terwyl hy eintlik n mens wou wees.

Sy het vir die res van haar lewe elke dag gekyk hoe hy teen die muur van die stoep sit en die vliee dophou en sy het baie eensaam doodgegaan.

Miekie

Antwoord:
Die helper
Die duiwe het verwilderd opgevlieg toe hy met die 3 jarige dogtertjie aan die hand oor Kerkplein stap. “ek gaan net n entjie met haar stap, om te groet, Ma” was wat hy vir my gesê het. Die reuk van die gesinsadvokate se kantoor wou nie van my af kom nie…so tipiese staats kantoor reuk wat die asem uit jou longe druk. Ek was bly om buite te kom en weer te kon asemhaal maar toe die twee van my wegstap het die koudbloedige akkedis weer al die asem uit my gewurg. Ten spyte van n warm dag in Februarie het my lyf geruk van koue.
Ek wou altyd net help. Ek het geld gegee en pleisters geplak op hulle huwelik vir tien jaar – aanhoudend vir hulle planne gemaak. Nagte omgerol. Nagte met die koue akkedis om my keel gestoei.
En nou is dit verby. Nou stap hy van my af weg en het ons vreemdelinge vir mekaar geword. Eers was hy my seun nou - nou is die helper en die akkedis alleen.

Maggie Kleu

Antwoord:
DIE HELPER

Ongeloof…Afgryse…die Skok… die Pyn…
Die beklemming om die keel…
Hoe kon hy dit aan my doen!!!
Sý is tot stilswye gedwing
Hy kan my liggaam skend MAAR nie my siel
SELFVERSORGEND en KLEURVOL sal ek bly
Só kan ek ander help om deur
innerlike krag in stilte te ly en
hul waardigheid en selfrespek te behou…

Renette Cloete

Antwoord:
Werk van sonop tot sononder, hier, daar, oral.Die son verskroei dit wat more she voedsel moes wees. Soveel pyn en nood, waar begin ek?
In die donker staan ek, my keel trek toe deur vrees, 'n ongedierte bekruip my en will my versmoor en die lewe uit my laat vloei. Gaan ek dit toelaat om my te oorweldig en magteloos te laat, en sodoende van geen nut of hulp te kan wees nie. Gaan ek in die duisternis bly of gaan ek na die lig waar my krag vandaan kom. Sodat ek dit wat onmoontlik is in my eie krag, wat reeds totaal gedreineer is, kan doen. Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee, on dit te doen wat Hy vir my bepan her voor die skepping.

Ansie de Beer

Antwoord:
DIE SKILDERY: DIE HELPER
Willemien lê met haar arms onder haar kop en staar na die plafon. Sy weet nie of sy bekommerd of opgewonde moet wees nie. Om die waarheid te sê, weet sy partykeer nie of sy wakker is of droom nie.
Sy staan op en sit die ketel aan. Dis wat sy nou nodig het. Boeretroos. Dit gaan haar wakker hou, maar dit maak nie saak nie. Slaap is vannag so uit soos koekies in die weeshuis. Of eintlik is dit nie die regte gesegde nie. Nie meer nie. Tannie Elsa het elke Kersfees vir hulle die heerlikste koekies gestuur. Sy was in die kinderhuis vandat sy ses was. Die tannie van die welsyn het haar daar gaan aflaai. Na daardie dag het sy nooit weer haar ma gesien, of iets van haar gehoor nie.
Dis half koel. Sy maak die kombuisvenster toe en gaan sit by die tafel met haar koffie. Sy was in die kinderhuis tot sy agtien was. Gelukkig het sy gou na matriek werk gekry. Die salaris is nie watwonders nie, en sy moet behoorlik sente omdraai. Dan tref die werklikheid haar. Vanaand is die laaste aand wat sy arm is. Die pa wat sy nooit geken het nie, het sy hele fortuin aan haar bemaak.
Sy drink haar koffie klaar, loop ‘n draai, en neem weer posisie in op die bed, arms onder die kop. Môre moet sy vir Sampie Smit gaan sien. Dis die prokureur wat optree as eksekuteur. Hoekom hy nie net die geld in haar bankrekening kan oorplaas nie, weet sy nie. Dit was glo haar pa se opdrag dat sy die erfporsie by Sampie se kantoor gaan haal.
Sy skud haar kussing reg, draai op haar sy en maak haar oë toe. Dalk kry sy tog geslaap. Maar die slaap wil helaas nie kom nie. Gebeure uit die verlede speel voor haar af. Sy sien nog die droë broodkorsies op die vuil kombuiskas. Die leë drankbottels in die hoek in die kombuis. Sy voel nog die houe. Die honger gaan slaap. Sy hoor nog hoe die voordeur vroegoggend oopgaan as haar ma inkom. Dan is sy reguit kamer toe, en het heeldag geslaap.
Haar pa kan sy gladnie onthou nie. Hy het hulle gelos toe sy ‘n paar maande oud was. Dis wat haar ma haar vertel het. Haar ma het niks goeds van haar pa gepraat nie. Toe Sampie haar laat weet dat sy haar pa se enigste erfgenaam is, was sy sommer lus en sê vir hom sy soek niks van hom nie. Sy wonder of dit nie is hoekom haar ma so gedrink het nie. Omdat hy hulle in die steek gelaat het.
Sampie Smit sit en staar na die stapel lêers op sy lessenaar. Môre se kliënte. Dis sy gewoonte om die vorige aand die lêers deur te gaan. Hy hou daarvan om voorbereid te wees. Hy tel die boonste lêer op. Willem Potgieter sin. Hierdie gaan ‘n taai storie wees. Willemien kom hom more sien, en hy het geen idee hoe sy gaan reageer as sy die nuus hoor nie. Sy gaan, totaal onbewus van al die hartseer, sy kantoor binnestap en die skok van haar lewe kry.
Hy gaan sit reg, en verbeel hom Willemien sit op die leë stoel oorkant hom. “Juffrou Potgieter” begin hy. Die regte woorde wil nie volg nie. Miskien moet hy niks sê nie. Net die ding vir haar gee en klaarkry. Sy kan die skok by haar huis kry. Dan kan sy dit op haar eie tyd verwerk. Hierdie ding gaan haar hele lewe verander. Hy sit die Potgieter lêer eenkant, en begin die ander deurgaan. Dis skuins na middernag toe hy die kantoor se deur agter hom toetrek. Na ‘n warm stort en ‘n glas hot chocolate, gaan klim hy in die bed. Hy moet probeer slaap. More moet sy brein helder wees.
Carla Potgieter kyk eers rond of iemand haar sien, en sit dan die bossie kappertjies op die graf. Willem se gunsteling. Eintlik weet sy nie hoekom is sy hier nie. Sy weet Willem sou haar nie hier wou hê nie, en skielik voel sy onwelkom. Dis hoekom sy nie by die begrafnis was nie. Sy het gevoel dis nie haar plek nie. As hy haar nie wou hê toe hy gelewe het nie, sal hy haar ook nie op sy begrafnis wou hê nie. Eintlik is sy die een wat moet kwaad wees, maar sy kon nie help om lief te bly vir hom nie. Na hulle egskeiding het sy ‘n paar huweliksaansoeke gehad, maar almal van die hand gewys. Sy was bang vir ‘n herhaling van die geskiedenis. Die lewe het haar ‘n lelike streep getrek. Sy het dit probeer wegdrink. As sy beneweld was, was die gedagte effens draagliker.
Maar Willemien was ‘n konstante herinnering aan die werklikheid. Sy het geweet die kind is onskuldig. Nogtans kon sy haar nie uitstaan nie. Sy was maar te dankbaar toe die welsyn besluit sy moet kinderhuis toe, dat sy onder haar voete kan uitkom. Sy haal die kappertjies van die graf af, en sit dit op die graf langsaan sonder om te kyk wat op die grafsteen staan. Sy weet wat staan daar. Hier rus Sanet Greeff. Die vrou wat verantwoordelik was dat al haar drome verpletter is. En hier lê hulle nou langs mekaar begrawe. Sy vat weer die kappertjies en gooi dit ongeërg op ‘n vreemde graf. Nie Willem of Sanet sal blomme van haar wil hê nie.

Willemien gee haarself ‘n laaste kyk in die spieël voor sy by die woonstel se deur uitstap. Sy het ‘n dag verlof ingesit om Sampie te gaan sien. Die verkeer is taamlik druk, en op ‘n stadium raak sy benoud dat sy laat gaan wees vir die afspraak. Sy wonder hoeveel geld het sy geërf. Sy weet nog steeds nie wat sy met alles gaan maak nie. Dalk moet sy dit vas belê. Dalk is dit genoeg dat sy op die rente kan lewe.
Parkering is soos altyd ‘n probleem, en sy kry twee blokke verder ‘n stilhou plekkie. Sy is nie meer gewoond aan lang ente stap nie, en kom uitasem by Sampie se kantoor aan.
Die ontvangsdame groet vriendelik en vra haar om solank te sit. Daar lê ‘n paar tydskrifte op die tafeltjie, en sy tel een op. Dit sal help om die tyd om te kry tot dit haar beurt is om in te gaan. Sy neem nie eintlik veel in van wat sy lees nie. Haar gedagtes is op ‘n ander plek.
As haar pa sy fortuin aan haar nalaat, moes hy nog altyd geweet het waar sy is. Hoekom laat hy alles aan haar na? Hy is tog seker weer getroud en het heel waarskynlik kinders by die ander vrou. Vir die eerste keer dink sy daaraan dat sy dalk iewers nog broers en susters het. Haar gedagtes word onderbreek toe sy geroep word om in te gaan.
Sampie wys na die leë stoel oorkant hom, en beduie haar om te sit. Sy kyk hom verbaas aan toe hy sonder ‘n woord ‘n skildery aan haar oorhandig. “Jou erfporsie” sê hy saaklik “Jou pa sê daar is iets aan die agterkant van die skildery waarna jy moet kyk” “Wat van die geld?” vra sy. “Daar is nie geld nie” antwoord hy “Dis ‘n bankrot boedel” Sy sit asof versteen. ‘n Bankrot boedel. Sy het al vir hoeveel mense vertel sy het ryk geërf. Nou dit. “Jy kan dit by die huis oopmaak en rustig deur alles gaan” Hy staan op en hou die deur vir haar oop.
By die huis gekom, kyk sy lank na die meisie op die skildery. Dan maak sy versigtig die agterkant van die skildery los. Die tweehonderd rand note is netjies toegemaak. Sy sal dit later tel. Dan vang haar oog die koevert. Sy haal die brief uit en lees.
“Wanneer jy hierdie brief kry, sal ek nie meer met julle wees nie. Ek het nie geweet hoe om jou te vertel nie. Noem my maar ‘n lafaard, maar nou dat ek dood is, het ek nie nodig om my kop in skaamte te laat sak nie. Wel, hier is my storie en joune. Jou ma is nie jou ma nie. Toe ons uitvind sy kan nie kinders hê nie, het ek by iemand anders gaan troos soek. Een ding het tot die volgende gelei. Sy is dood met jou geboorte. Ek en ma Carla het jou grootgemaak. Ons het dinge probeer uitwerk, maar die skade aan ons huwelik was te groot en ons is geskei. Die hof het besluit jy moet by haar bly. Die skildery is een van jou biologiese ma se werke. Haar naam is Sanet Greeff. Dis die enigste aandenking wat ek het van haar, en ek wil graag hê dat jy dit mooi moet oppas. Ek hoop die geldjies help om ‘n paar gate toe te stop. Alles wat mooi is vir die toekoms. Liefde, Pappa”

Suzette Strydom

Antwoord: 'n Vrou wat sendingwerk gedoen het in die Tweede wereld boere oorlog

Hattie Venter

Antwoord:
Die Helper
Toe sy die ligte katoen serpie losbind om haar nek, kon sy die skielike skok in die tatoeerder se oe sien. Hy't 'n grap probeer maak met die woorde "sjoe, die vorige ou het bietjie diep gegaan" Sy oe het sagter geword toe sy selfbewus oor die dik letsel teen haar nek vryf. "Hoe gaan ek dit vir jou beter maak?" wou hy weet.

Sy het die afgelope twee jaar oor en oor die klein reptiel ontwerp. Oor en oor ingeskakeer met grimering en 'n oogpotlood en trane.

"Ek wil he jy moet 'n pragtige akkedissie vir my tatoo" Toe skielik het sy opgewonde regop gesit en die ontwerp wat ingeets in haar brein was baie duidelik vir hom op papier geteken. Elke plek waar hy dit moet inskakeer met die letsel. Sy het dit met soveel selfvertroue gedoen dat daar by hom geen onsekerheid was toe hy begin nie.

Sy was so tuis met die klein akkedis toe hy klaar was. So lank het hy in haar kop geleef en toe uiteindelik het die tatoo geboorte gegee aan die pragtige klein koudbloedige diertjie.

Vir baie min kon sy ooit vertel hoe sy helder oordag 'n helpende hand uitgesteek het na 'n man wat langs die pad le en bloei het. Haar opleiding het haar outomaties laat stop by die beseerde en sy het begin noodhulp toepas. Toe - skielik - onverwags - sy ysterhand om haar pols - die koue lem teen haar nek - sy warm asem en die warm bloed wat drup - neergegooi - verskeur - oopgesper.

"Die klein troeteldier het elke aand op my bors aan die slaap geraak. Die akkedissie was so mak. Een koue wintersnag het hy sy pootjies om my nek gesit, opsoek na bietjie ekstra hitte. Vir vyf dae aanmekaar het dit gesneeu en toe op die vyfde dag, toe hy genoeg energie gehad het om sy pootjies te laat los, wat sy lyfie ingeteken teen my nek. Vir my was dit die mooi akkedis hangertjie."

Rudie Rousseau

Antwoord: Sys in Namaqwaland en net so mooi soos sy is is die blommeprag om haar.

Feltbrand op Facebook Volg ons op Twitter